'n Vyte-boek vir almal. Wat is 'n wetenskaap? 'n Mens wat hou van vyte, word 'n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bere dit onder hulle beddens. Wat is 'n vyt? Wanneer 'n mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte. Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte! Wetenskaap bestaan uit 'n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. 'n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
Sprache
Verlagsort
Zielgruppe
Für Jugendliche
Interest Age: From 11 to 13 years
Dateigröße
ISBN-13
978-0-6396-0041-3 (9780639600413)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Linki Brand hou van teken en stories. Sy is in die 1980's in Potchefstroom gebore. Sy het haar kinderjare deurgebring in Pretoria en later Venterstad in die Karoo. Sy studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwes-Universiteit en is in die geheim opgewonde oor illustrasie. Linki woon in in Bergen, Noorwee, saam met haar man, Werner, dogter, Fia en seuns, Ben en Lukas. In 2021 is sy aangekondig as een van die finaliste in die 2020 Pendoring-toekennings vir ontwerpkuns.