Suid-Afrikaners is dol oor rugby en hulle hou daarvan om lekker te lag. Hier kommie Bokke! kombineer twee van Suid-Afrika se gunsteling-tydverdrywe in een skreeusnaakse boek wat gewaarborg is om die lagspiere te prikkel. Daar is gevatte kwinkslae, klassieke segoed van toeka se dae en die heel jongste Super 15-grappe. Daar is geen heilige koeie in Hier Kommie Bokke! nie, en almal - van die voorry en agterlyn tot rugby-poppies, skeidsregters, ondersteuners en afrigters - loop deur. Gewaarborg om lesers te laat skaterlag.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-77022-274-8 (9781770222748)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation