Enigeen wat met verlange terugdink aan 'n geliefde ouma se spesiale melktert of melkkos, of 'n tannie se heerlike bobotie en vetkoek, behoort hierdie boek in sy of haar kombuis te he! Vir diegene wat lief is vir tradisionele Suid-Afrikaanse kos sal hierdie resepte vir seker help om die verlange na geliefkoosde disse te stil. Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns is 'n versameling resepte wat die modern kok daartoe in staat stel om dieselfde heerlike maaltye voor te sit as die wat ons voorouers geskep en geniet het. Die Suid-Afrikaanse kookkuns is 'n unieke vermenging van 'n verskeidenheid kulture - die Hollandse, Franse, Duitse en Britse setlaars, sowel as die Maleierslawe wat uit die Ooste hierheen gekom het, het almal hul eie gunstelingresepte na Suid-Afrika gebring. Die subtiele wyse waarop hierdie 'ingevoerde' resepte aangepas is deur plaaslike bestanddele in te sluit en innoverende metodes te gebruik, het gelei tot die skep van 'n baie oorspronklike en geliefde kookkuns. Die boek bevat ook interessante brokkies oor die manier waarop ons voorouers geleef het.
Auflage
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-4323-0435-5 (9781432304355)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Magdaleen van Wyk is the author and co-author of a number of cookbooks. After obtaining her degrees at the University of Stellenbosch, she completed a post-graduate Diploma in Hospital Dietetics at the Medical School, University of Iowa, in the US. Now retired, Magdaleen was a well-known lecturer in Foods and Nutrition at the Departments of Consumer Science and Human Nutrition, University of Stellenbosch. She has been awarded medals by Silwood Kitchen in Cape Town and the SA Brandy Foundation. Food, wine and entertaining play an important part of her social life.