Is jy 'n nuuskierige agie wat wil weet ...
... waar sjokolade vandaan kom? Of wat die ergste epidemies is wat die wereld nog getref het? Dalk wil jy weet waarom ons elke jaar op 5 November Guy Fawkes vier, of waarom Afrika as 'n unieke kontinent beskou kan word. Of jy wil weet watter produkte of uitvindings eg Suid-Afrikaans is, en of honde werklik slim is.
Dalk soek jy net wenke oor hoe om jou spelling en skryfwerk te verbeter, of hoe om goeie toesprake te maak ...
Hierdie inligting en nog vele meer, oor die interessantste onderwerpe onder die son, is alles in die boek!
Met jou indrukwekkende kennis oor alles en nog wat kan jy almal se monde laat oophang.
Vyftig hoofstukke propvol antwoorde, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme!
Waarskuwing: Moenie jou boek uitleen nie! Dalk kry jy dit nooit weer terug nie.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Zielgruppe
Für Kinder
Interest Age: From 8 to 14 years
Dateigröße
ISBN-13
978-1-77609-245-1 (9781776092451)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Na 'n loopbaan as hoerskoolonderwyser, is Adinda Vermaak 'n vakadviseur vir Afrikaans in die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Behalwe haar vernuf in Afrikaans, het sy ook 'n belangstelling in geskiedenis waarin sy 'n meestergraad verwerf het. Sy is die skrywer en medeskrywer van onder meer Pret met Poesie, Versreise, Woordreise, Rymreise en Platinum-taalhandboeke vir Afrikaans Huistaal. Verder is sy die aanbieder van verskeie landswye werkswinkels oor redenaarsvaardighede, kreatiewe skryfwerk en hoe om hoerskoolleerders met leesprobleme te ondersteun.