Die vrede en stilte in die klein Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort na skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe 'n jong tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp binnejaag en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie stilhou. Dit was net voor 19:00 toe die bebloede Don Steenkamp uit die voertuig spring en die aanklagkantoor binnestorm met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig doodgeskiet is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nog 'n plaasaanval was, is Don maande later weens die moorde gearresteer. Dit het 'n proses aan die gang gesit wat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastad onderling sou verdeel. Hierdie boeiende verhaal van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, word vertel deur die verslaggewer wat die saak van die eerste dag af gevolg het. Dit is gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, insluitende die ondersoekbeamptes, die forensiese en ballistiese deskundiges asook familie en vriende van die oorledenes, en eindig met die uitspraak en vonnisoplegging.
Rezensionen / Stimmen
"Griekwastad is Suid-Afrika se In Cold Blood" * GQ *
Auflage
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Editions-Typ
Dateigröße
ISBN-13
978-1-77022-851-1 (9781770228511)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Jacques Steenkamp dek reeds meer as ses jaar lank stories regoor Suid-Afrika soos die nuus ontvou. In hierdie tyd het hy verslag gedoen oor honderde moorde en tallose hofsake. Hy word beskou as een van die land se beste hardenuusverslaggewers en het oor die jare heen al talle pryse vir joernalistiek ontvang. Hy het die Griekwastad-moorde van die begin af gedek en met behulp van sy kontakte en bronne die waarheid agter hierdie grusame saak ondersoek en blootgele. Hy het Media24 se diens onlangs verlaat om 'n pos as radioverslaggewer by die SABC te aanvaar.