Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beinvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak.
Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur 'n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. 'n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer.
In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor die gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou 'n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-0-14-353156-2 (9780143531562)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Ilse Salzwedel is een van die bedrywigste joernaliste in Afrikaans. Haar werk het al in feitlik elke Afrikaanse tydskrif en koerant verskyn, en die lys van onderwerpe waaroor sy al geskryf het is indrukwekkend. Sy spog onder meer met 'n ATKV - Veertjie (27) vir die beste tydskrifartikel in Afrikaans, en 'n PICA (28) vir die beste tydskrifartikel (gekies uit Afrikaanse en Engelse tydskrifte). Sy was ook 'n finalis in die eerste Discovery-toekennings vir gesondheidsjoernalistiek in 29, en mede-ontvanger van die 29 Eli Lilly-toekenning.