Reeksmoordenaars ervaar die mag oor lewe en dood as almagtig. Aangesien hulle min beheer het oor hulle eie lewens en gevoelens, raak hulle verslaaf aan die almagtigheid wat beheer oor iemand anders se lewe hulle bied. Daarom pleeg hulle herhaaldelik moord. Dit herstel hulle geestelike wanbalans wanneer hulle selfwaarde in twyfel getrek word. As ek 'n reeksmoordenaar moes ondervra, het ek op metafisiese vlak in die troebel waters van sy siel geduik. Sy emosies van leegheid, eensaamheid, depressie en vrees was bekend aan my. 'n Mens kan nie eens begin om 'n reeksmoordenaar se psige te ontleed as jy nie kans sien om sy emosies te voel nie.
Auflage
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-0-14-352714-5 (9780143527145)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Doktor Micki Pistorius het vir ses jaar as 'n profielsamesteller vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens gewerk en word wereldwyd beskou as 'n deskundige oor reeksmoord. As hoof van die eenheid vir ondersoekgerigte sielkunde was sy betrokke by meer as dertig gevalle van reeksmoordenaars, en sy het bykans tweehonderd speurders plaaslik opgelei om reeksmoorde te ondersoek. Skimme in die Skadu vertel die merkwaardige verhaal van 'n merkwaardige vrou.