Een Wereldbeker, 'n reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus, twee Drienasiestitels, drie Super Rugby-trofee en drie Curriebekers...Dit is een man se buitengewone prestasies in 'n loopbaan wat oor 16 ongelooflike jare gestrek het. Sy naam is Victor Matfield, en hy is 'n internasionale en Suid-Afrikaanse sportlegende. Jy wil sy storie lees...Vanaf sy grootwordjare toe hy 'n skaam, sport-mal seuntjie in Pietersburg was totdat hy die kruin van sy sukses in sy rugbyloopbaan bereik het, het Victor as 'n professionele sportman op die harde manier geleer van die plesier wat die lewe bied sowel as die pynlike druk wat daarmee saam gaan. In hierdie outobiografie waarna daar met groot afwagting uitgesien is, vertel hy openhartig van sy verhoudings met sy afrigters, insluitend Heyneke Meyer, Jake White en Peter de Villiers, die sterk bande wat hy met sy spanmaats gesmee het by die Bulle en in die nasionale span, en sy diepgaande liefde en respek vir die Springbok-trui.
Hy bespreek die strydige kwessies wat die Suid-Afrikaanse rugbytoneel geteister het in die tydgleuf waarbinne sy loopbaan geval het, die opgang in Blou Bul-rugby en hul tekortkominge ten opsigte van topvorm-kondisie tydens sy laaste rugbyseisoen, die Bokke se kontroversiele kwarteindstryd wat die einde van hul mededinging om die Rugbywereldbeker in 2011 beteken het, sy uittrede uit rugby en veel, veel meer. Victor: My reis is ongetwyfeld die een boek wat elke rugbyliefhebber sal wil lees.
Rezensionen / Stimmen
Victor Matfield is die afgelope dekade die wereld se voorste rugbyslot en die Springbokspan-speler met die grootste aantal
verskynings ooit. Hy het sukses gesmaak op elke denkbare vlak van hierdie sportsoort en is een van die beste rugbyspelers wat
Suid-Afrika al ooit opgelewer het. Hy is getroud met Monja en hulle het twee dogters, Jaime en Giselle.
De Jongh Borchardt is 'n voormalige rugbyjoernalis met meer as 10 jaar se skryfondervinding. Hy het sy loopbaan aanlyn by
rugby365.com in Kaapstad begin en daarna Pretoria toe geskuif waar hy 'n spesialis-rugbyskrywer vir die koerante Beeld en
Rapport was. Hy is tans werksaam in die Kommunikasie-departement van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie in Kaapstad. De Jongh
is getroud met Zelda en hulle het een seun, Tiaan.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-77022-266-3 (9781770222663)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation