Watter Springbok-toetswedstryd het die minste toeskouers nog gelok?
Wie was in 1981 die nie-amptelike armdruk-kampioen in die Springbokspan op die toer in Nieu-Seeland?
Watter Springbok-slot het 'n glasoog gehad?
Welkom by die top rugby-vasvraboek vir ware rugbyliefhebbers! Springbok-rugbyvasvra put uit die rugby-kennisskat in 'n hoogs vermaaklike manier: dit bevat 1001 vrae en antwoorde. Rugby-fanatici kan nou die mees verregaande staaltjies geniet, sowel as die koue, harde feite en statistieke oor die sportsoort waaroor almal gaande is.Die deeglik nagevorsde boek dek die volle spektrum van ons rugby geskiedenis, van die eerste toetswedstryd in 1891 tot vandag toe. Die boek het twee afdelings: toets jou kennis deur die vraag in die eerste afdeling te lees, en gaan dan jou antwoord na in die tweede afdeling. Rugbybewonderaars sal ongetwyfeld meer as genoeg uitdagings tussen die menige vrae wat hier byeengebring is, vind. En, as spesiale bonus, sluit die skrywer ook sy droomspan in - die beste spelers van alle tye in een superspan. Prettig, informatief en feitelik - 'n moet-lees vir almal wat rugbymal is.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-77022-993-8 (9781770229938)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Pierre Francois Massyn is 'n afgetrede joernalis, 'n onafhanklike skrywer en die wereld se nommer-een-rugbyliefhebber. Hy en sy vrou woon in Suiderstrand, Suid-Afrika.