Wil jy skryf? Het jy kundige en ervare skrywers se hulp nodig om jou ideaal te verwesenlik? Die Afrikaanse Skryfgids, 'n hulpmiddel vir voornemende (en reeds gepubliseerde) skrywers, kan die wonderwereld van woorde vir jou open. Hierdie omvattende gids - die eerste in sy soort in Afrikaans - is gemik op almal wat meer van die skryfkuns, skryftegnieke en die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf wil weet. Die medewerkers, almal gerekende skrywers op hul onderskeie spesialiteitsgebiede, stel die inligting op 'n toeganklike manier bekend. Hulle deel hul "fabrieksgeheime", praktiese raad ten opsigte van die skryfproses wat oor lang jare van frustrasie en foute ontwikkel is, nou ruimskoots met voornemende skrywers. Niemand hoef in dieselfde slaggate te trap nie. "'n Uiters leesbare en belangrike samestelling van inligting wat beslis vir enige voornemende skrywer 'n skat van kennis kan wees om die eerste tree op die pad na 'n skryfloopbaan te gee. Dit is egter ook veel meer as bogenoemde - die samestelling kan van besondere waarde wees vir studente, onderwysers en taalliefhebbers in die algemeen." - Johan Anker. Met Wim Alberts, Hennie Aucamp, C.Johan Bakkes, Marike Bekker, Marthinus Beukes, Andries Bezuidenhout, Marinda Botha, Saartjie Botha, Willemien Brummer, Willie Burger, Anneretha Combrink, Leon de Villiers, Philip de Vos, Daniel du Plessis, Hans du Plessis, Louis Esterhuizen, Jeanette Ferreira, Gilbert Gibson, Margaret Goldsmid, Franci Greyling, Piet Grobler, Hennie Human, Jaco Jacobs, Irma Joubert, Harry Kalmer, Sophia Kapp, Jaco Kirsten, Leti Kleyn, Murray La Vita, Margot Luyt, Maretha Maartens, Charles Malan, Karen Meiring, Petrovna Metelerkamp, Adriaan Meyer, Melt Myburgh, Bernard Odendaal, Rhode Odendaal, Chanette Paul, Henning Pieterse, Johann Potgieter, Louis Pretorius, Lizette Rabe, Lien Roux-deJager, Riana Scheepers, Dana Snyman, Ingrid Stegmann, Piet Steyn, Marjorie van Heerden, Leon van Nierop, Cecile van Zyl, Fanie Viljoen.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-0-14-352966-8 (9780143529668)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Riana Scheepers is 'n skrywer en boervrou. Wat sy die graagste doen, is om bome te plant, ou geboue te restaureer en te reis, want elke boom, elke gebou en elke vreemde plek is 'n storie. Leti Kleyn het in Kreatiewe Skryfkuns en Akademiese Geletterdheid gedoseer. Sy werk af en toe in die uitgewersbedryf, skryf rubrieke en artikels, maar wil eintlik in vrede op Calvinia in die Spar gaan werk.