Hierdie bundel van vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Zielgruppe
Für Kinder
Interest Age: From 13 to 17 years
Dateigröße
ISBN-13
978-0-7993-7884-9 (9780799378849)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde top-verkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!, 'n Goeie dag vir boomklim, Moenie hierdie boek eet nie! en My ouma is 'n rock-ster. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Van Jaco se boeke is al wereldwyd in Engels gepubliseer, en ook in Nederlands, Italiaans, Spaans en Sloeweens vertaal. Onder Jaco se talle bekronings tel die Rapport/kykNET-prys, die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die Scheepersprys, die MML-letterkundeprys en 34 ATKV-Kinderboektoekennings, en 'n SALA-prys sowel as 'n benoeming vir die beroemde Britse Carnegie-medalje. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, 'n kat en 'n troetel-luislang.