Feite wat jou sal laat RIL en GRIL ... Eeuw! Jig! Sies! Bleg! Dis WALGLIK - maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol dierefeite wat jou kan NAAR MAAK! Watter oulike dierebabas eet hul ma se poef? Kan 'n gorilla puisies kry? Wat laat miere in zombies verander? Wat is 'n snotvis? Watter voeltjie los winde om sy prooi te vang? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Sprache
Verlagsort
Zielgruppe
Für Kinder
Interest Age: From 15 to 17 years
Dateigröße
ISBN-13
978-0-6396-0125-0 (9780639601250)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Zinelda McDonald is 'n kunstenaar wat in Kaapstad woon saam met haar musikant-man, Deon, en hulle twee katte. Sy het 'n honneursgraad in Grafiese Ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf en illustreer meestal kinderboeke en ontwerp voorblaaie vir jeugliteratuur. Sy het al 'n paar toekennings gekry vir haar werk (twee ATKV Woordveertjies asook 'n Exclusive Books/IBBY SA 2017 toekenning). Sy's dankbaar vir die pryse, maar selfs meer dankbaar dat sy al saam met wonderlike skrywers soos Jaco Jacobs, Marita van der Vyver en Fanie Viljoen kon werk.