Waarom bring 'n baba-kangaroe die eerste paar maande van sy lewe in sy ma se buidel deur?
Hoeveel melk kan 'n olifantkalfie in een dag drink?
Hoe leer 'n baba-sjimpansee om al die dinge te doen wat sy ma en pa kan doen?
Hoe oorleef ysbeerwelpies in die ysige Arktiese koue?
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wereld van babadiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van babadiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontdek van die oulikste babadiere in die wereld, en vind uit hoe hulle aangepas is om in die natuur te oorleef.
Reihe
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Zielgruppe
Für Grundschule und weiterführende Schule
Interest Age: From 7 to 9 years
Dateigröße
ISBN-13
978-0-7993-8064-4 (9780799380644)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde top-verkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!, 'n Goeie dag vir boomklim, Moenie hierdie boek eet nie! en My ouma is 'n rock-ster. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Van Jaco se boeke is al wereldwyd in Engels gepubliseer, en ook in Nederlands, Italiaans, Spaans en Sloeweens vertaal. Onder Jaco se talle bekronings tel die Rapport/kykNET-prys, die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die Scheepersprys, die MML-letterkundeprys en 34 ATKV-Kinderboektoekennings, en 'n SALA-prys sowel as 'n benoeming vir die beroemde Britse Carnegie-medalje. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, 'n kat en 'n troetel-luislang.