Ervare reisigers weet dat die reis die helfte van die ervaring is. Dit is in die gees dat Padlangs deur Suid-Afrika insig gee in die talle nasionale skatte wat oral in ons land aangetref word - van dinamiese stede tot bekoorlike plattelandse dorpe en gehuggies met 'n ryke geskiedenis. Padlangs deur Suid-Afrika: 'n streek-vir-streek-reisgids is meer as net 'n reisgids; dit is 'n omvattende handboek van die land.
Hierdie boek is die ideale reisgenoot: Dit verskaf goeie advies oor die beste roetes en bevat alles wat vakansiegangers moet weet wanneer hulle hul volgende vakansie beplan. Pragtige volkleurfoto's en 'n interessante kombinasie van sypanele sal reisigers aanspoor om die menige teer- en gruispaaie van Suid-Afrika aan te durf en die talle interessante hoekies en gaatjies van ons besonder diverse land te verken.
Elke hoofstuk gee 'n oorsig van 'n streek se klimaat, flora en fauna, en geskiedenis en erfenis, en vestig die aandag op die belangrikste plekke. Idees vir wat om op elke plek te doen, word in hooftrekke beskryf, sowel as die belangrikste aktiwiteite, roetes en voetslaanpaaie. Daar is iets vir almal - van warmlugballonvlugte tot witwatervlotvaarte, 4x4-roetes tot wandelings in die platteland, spelonkery tot museumbesoeke, en feeste tot argitektuur.
Spesiaal aangepaste volkleurkaarte in elke hoofstuk sluit wildreservate, nasionale parke, natuurreservate, warm bronne en plekke van belang in en dui tolpaaie en passe asook nasionale, sekondere en grondpaaie aan om jou te help om jou reis te beplan.
Hierdie kontemporere en handige gids is uitstekende waarde vir geld en behoort jou eerste aankoop te wees as voorbereiding vir enige reis in en om Suid-Afrika. Laat dus jou motor se bande nagaan en pak die padkos in, want 'n fassinerende land wag om verken te word.
Pat Hopkins het 'n graad in geskiedenis en politieke wetenskap aan die voormalige Universiteit van Natal, nou die Universiteit van KwaZulu-Natal, verwerf. Hy was 'n bekroonde reisjoernalis en skrywer van meer as 18 boeke, met inbegrip van Place: A Collection of South African Travel and Landscape Quotations, 101 Beloved Bars of Southern Africa en Voelvry: The Movement that Rocked South Africa. Al die boeke is deur Zebra Press uitgegee.
Willie Olivier het Suider-Afrika die afgelope 30 jaar deurreis en duisende kilometers te voet en per motor afgele. Hy is die skrywer van talle reisboeke, waaronder African Adventurer's Guide to Mozambique en Hiking Trails of South Africa. Al hierdie boeke is by Random House Struik verkrygbaar. Hy woon in Windhoek.
Denise Slabbert is 'n televisievervaardiger en reisskrywer wat in Johannesburg woon. Sy bestuur haar eie produksiemaatskappy, skryf vir 'n aantal tydskrifte en koerante en is 'n gereelde bydraer tot die Suid-Afrikaanse Toerisme-webwerf. Sy is die skrywer van vier boeke, met inbegrip van Random House Struik se South Africa Through the Seasons en Offbeat South Africa.
As voorbereiding vir Padlangs deur Suid-Afrika: 'n streek-vir-streek-reisgids het die bekroonde fotograaf Jean du Plessis die land platgereis en manjifieke foto's vir die boek geneem. Hy woon in Kaapstad en het 30 jaar lank by Die Burger gewerk voordat hy met 'n vryskutloopbaan begin het. Hy het verskeie boeke by Random House Struik gepubliseer, waaronder die gevierde Namibia: A Visual Celebration.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-920545-64-2 (9781920545642)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Pat Hopkins was a history and political science graduate from the University of Natal, and an award-winning writer, travel journalist and author with a special interest in extraordinary people who believed they were called by a god to fill a divine purpose. Pat Hopkins was a regular features contributor, travel journalist and award-winning writer of numerous books, many that explored counter culture in South Africa, they include:The Boy, Cringe the Beloved Country, Place: A collection of South African travel and landscape quotations, Worst Journeys, 101 Beloved Bars of Southern Africa, Voelvry: The movement that rocked South Africa and Ghosts of South Africa. Johnny Golightly Comes Home was written as part of his dissertation for a Masters in Creative Writing at the University of the Witwatersrand. Pat Hopkins co-authored The South African Fact Book which was released by Penguin on the 1st November 2009.