Smutsies en hertzoggies verwys na die koekies wat gebak is om die voormalige eerste ministers J.B.M. Hertzog en Jan Smuts te vereer. Maar het jy geweet dat die Moesliemvroue van die Bo-Kaap 'n proteskoekie genaamd 'n tweegevreetjie geskep het toe Hertzog sy belofte om stemreg aan bruin mense toe te staan, verbreek het? Gholfspelers streef almal daarna om 'n voeltjie of arend te slaan, maar hoeveel mense weet dat jy ook 'n albatros, kondor en volstruis op die gholfbaan kan behaal? Wanneer praat jy van 'n skuifie en wanneer is dit skyfie? Wat is die verskil tussen transkribeer en translitereer? Is die hoofstad van Belgie Brussel of Brussels? Verwissel jy van baan of laan op 'n snelweg? Wanneer is iets skadeloos en wanneer onskadelik? Is dit biljoen of miljard? Hoekom is Afrikaans die enigste taal waar hoofletters aanvanklik in die Bybel gebruik is by voorname wat na God verwys? En waarom het die gebruik na die eerste Bybelvertaling verval? Vir jare al, Sondae net na elf, word die vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Want Afrikaans is uniek en deurspek van interessanthede wat jy in geen ander taal kry nie, en haar sprekers is aktiewe taalskeppers en kreatiewe gebruikers. Hierdie boek kan gelees word as 'n gids ter aanvulling van die radioprogram - ideaal vir trotse Afrikaanssprekendes wat gesteld is op korrekte taalgebruik, maar wat nie geintimideer wil voel deur die voorskriftelikheid van skoolhandboeke nie. Vir elkeen wat getrou by die radio luister - en almal wat lief is vir Afrikaans!
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-77609-234-5 (9781776092345)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Samesteller Danny Fourie is 'n oudpredikant en voormalige TV-regisseur van programme soos Netwerk, Kruis en Kroniek en Top Billing. Hy is die samesteller van die gewilde Hoe verklaar jy dit?#1 en #2, en die skrywer van Vir ewig en altyd saam en Regardt.