Talle belangrike gebeurtenisse in ons lewens word selfs beter onthou wanneer ons aan tafel saam met geliefdes sit om 'n maaltyd te deel, te lag en te gesels. Of die gebeurtenis 'n spesiale viering of 'n eenvoudige familie-byeenkoms is, 'n stylvolle tafel komplementeer die kos en die geselskap. As jy daarvan hou om te onthaal, is Maklike Tafelversiering vir Elke Geleentheid propvol idees wat jou sal inspireer om pragtige herinneringe rondom jou etenstafel te skep. Die teks sluit wenke in oor hoe om verskeie dekoritems te maak, asook wenke oor hoe om met flair te onthaal.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-4323-0216-0 (9781432302160)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Clare Huisamen, Ingrid Loud en Noeleen Foster het koppe saamgesit oor verskeie projekte, wat dekor-artikels vir 'n aantal publikasies insluit. Die inspirasie vir hierdie boek het ontstaan uit die behoefte om herinneringe uit elke geleentheid te skep en die spesiale tye saam met familie en vriende te verryk. Claire is die redakteur van 'n vrouetydskrif. Sy leef volgens die filosofie dat niks goeds ooit bereik kan word sonder hope energie en passie nie. Ingrid, 'n binneversierder, bedryf 'n suksesvolle dekor- en materiaalmaatskappy. Noeleen, reeds vir 15 jaar lank 'n professionele fotograaf, het reeds baie voorblaaie vir glanstydskrifte afgeneem; troufoto's is haar spesialiteit.