Iewers in die donker Karoonag flikker 'n kampvuurtjie. En wie sit daar langs die vuur? Dit is Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty.
Hulle het die hele dag lank rondgeswerf op soek na avonture. Maar laatnag is daar 'n vreemde geluid. Twee gloeiende rooi oe verskyn in die donker.
Gaan Koekemoer en Shorty uiteindelik die petroldief vastrek wat die Klein Karoo se water besoedel?
'n Verbeeldingryke storie oor die avonture van 'n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opse. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein Karoo!
Reihe
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Zielgruppe
Für Kinder
Interest Age: From 9 to 12 years
Dateigröße
ISBN-13
978-0-7993-8068-2 (9780799380682)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Henry Ferreira woon in Pretoria en is 'n musikant en liedjiesskrywer. Hy het 'n BA-graad by Tukkies verwerf asook 'n kopieskryfkursus by die AAA-advertensieskool. Sy familie, vriende, musiek en die natuur is dinge in die lewe wat hy werklik waardeer. In 2009 ontvang hy 'n ATKV-kinderboektoekenning vir sy eerste Cowboy Koekemoer-boek.