Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir drie seisoene vasgenael gehou. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, medevervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het. Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van 'n boerderyonderneming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou. Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grondbeginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-1-77609-083-9 (9781776090839)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Wynand Dreyer is a producer, director and journalist of many years' standing in the South African film and TV industry. He is the owner of Khaki Productions, which produces the Megaboere series for kykNET.