'Ek her gisteraand 'n verskriklike nagmerrie gehad. Ek het in koue sweet wakker geword en gebewe. Ek het gedroom ek moet my eie boulwerk trotseer.' Neil Adcock, Suid-Afrikaanse snelbouler, ann sy kaptein Jackie McGlew. 'Oom, het jy geweet ek het een groot probleem in die lewe gehad? Ek was nooit 'n kind nie. Ek het nooit die voorreg gehad om 'n kind te wees nie. Weet jy hoe lekker dit is om net hier te sit en stil te wees?' Hansie Cronje, Suid-Afrikaanse krieketkaptein. 'Ons kan af gaan, ons kan op gaan. Ons kan vorentoe gaan, links of regs, maar daar is geen manier wat ons agteruit gaan nie!' Kobus Wiese, Springbokslot.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-0-14-352731-2 (9780143527312)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
George Claassen was vroeer senior navorser by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). In Mei 2007 is hy die eerste wenner van SAASTA (die Suid-Afrikaanse Agenskap vir Wetenskap en Tegnologiese Vooruitgang) se Suid-Afrikaanse Wetenskapkommentator van die Jaar-toekenning, wat deur die Nasionale Wetenskap en Tegnologie-forum aan hom oorhandig is. Claassen is ook die samesteller van Die Groot Aanhalingsboek (Human & Rousseau Uitgewers, 1998) en outeur van Geloof, bygeloof en ander wensdenkery: Perspektiewe op ontdekkings en irrasionaliteite (Protea Boekhuis, 2007). Claassen is tans 'n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch.