Die Uitsonderlike Boek van Suid-Afrikaanse Rugby sal enige rugbyfanatikus boei. Die versameling feite, statistiek, aanhalings en anekdotes wissel van die komiese tot die kontroversiele en herdenk die ryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Hierdie buitengewone/merkwaardige boek bevat van die mees opwindende stories oor Suid-Afrikaanse rugby, insluitende: hoe Manie Reyeneke laat was vir sy eie huweliksonthaal omdat hy eers 'n halfeindstryd vir sy klub moes gaan speel; die 90 meter-strafskop van Oostelikes; hoe die eerste Springbokke wat per vliegtuig gereis het met drie enjins oor die see gehinkepink het; hoe Kimberley 60 uur per muilwa moes reis tydens hul eerste toer na Kaapstad; hoe die Springbok Andy MacDonald met sy kaal hande 'n leeu doodgemaak het; die plettervat deur 'n toeskouer wat die Westelike Provinsie die Curriebeker gekos het; Paul Roos se weeklikse 260 km-fietsrit na Pretoria om klubrugby te speel.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Dateigröße
ISBN-13
978-0-14-352918-7 (9780143529187)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Wim van der Berg is die hoofredakteur van Blou, amptelike tydskrif van die Blou Bulle. Hy is 'n voormalige rugbyskrywer en het vir Oggendblad en Die Vaderland gewerk. Buiten die boeke oor die Blou Bulle, is hy ook die skrywer van A Lion's Tale. Hy het rugby gespeel tot hy 57 was, hy was ? senior klubskeidsregter, het rugby op eerstespanvlak afgerig, het op komitees van verskeie klubs gedien, en was bestuurder en afrigter op provinsiale sewes-vlak.