Boereverneuker, -s, kwaksalwer, bedrieer; ook spottend vir prokureur gebruik.
Hulle is sjarmant, galant, elegant, belese, berese, gelowig, bedagsaam, selfversekerd, hiperintelligent ... en jy kan nie help om van hulle te hou nie. Maar eintlik is hulle glibberige gladdebekke wat jou in 'n ommesientjie platsak gaan laat. Want hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. En as jy jou oe uitvee, is jy nie net jou geld kwyt nie, maar ook jou reputasie en status, terwyl die gladdebek lankal soos mis voor die moreson verdwyn het. Sommige van hulle is so goed dat hulle selfs bewonder word ten spyte van hul verfoeilike skelmstreke. Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het. Van die karakters is minder bekend, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater Andre Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die beesbaron Arnold Smith. Selfs die ikoon van die Afrikanerdom, president Paul Kruger, het vir hom 'n plekkie in die annale van Boereverneukers geskrop.Dalk help hierdie stories jou om vir jouself te lag, aan te gaan met jou lewe en voortaan versigtiger te wees as jy dalk al die slagoffer van 'n boereverneuker was.
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Produkt-Hinweis
Maße
Höhe: 234 mm
Breite: 153 mm
Dicke: 16 mm
Gewicht
ISBN-13
978-1-77609-218-5 (9781776092185)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Izak du Plessis is bekend as joernalis en aanbieder by RSG se nuusaktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum, Kommentaar en Naweekaktueel. Hy is ook die skrywer van Boereverneukers. As ondersoekende joernalis het hy al verskeie toekennings vir sy radiobydraes ingepalm.