Jan Braai Junior is 'n boek vir die volgende geslag braaiers in Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet. Hierdie gebruikersvriendelike boek dek al die grondliggende braaikennis wat elke Suid-Afrikaner behoort te he, met basiese toerusting en bekostigbare bestanddele. En met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior jou die eerste tree laat gee om die res van jou lewe soos 'n kampioen te braai!
Sprache
Verlagsort
Verlagsgruppe
Penguin Random House South Africa
Maße
Höhe: 245 mm
Breite: 190 mm
Dicke: 5 mm
Gewicht
ISBN-13
978-1-4859-0031-3 (9781485900313)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Vir die afgelope 18 jaar vind Nasionale Braaidag plaas op inisiatief van Jan Braai, gemik daarop om al 60 miljoen Suid-Afrikaners op 24 September rondom braaivure saam te bring. In hierdie tyd het Jan twee MBA's verwerf: sy meestersgraad in besigheidsadministrasie aan die Universiteit van Kaapstad en sy meestersgraad in braai-aktiwiteite aan die Universiteit van die Lewe. Die New York Times het Nasionale Braaidag as "een van die mees belangrike kulturele feesvierings in die wereld" bestempel. Elke jaar neem ongeveer 15-20 miljoen Suid-Afrikaners deel aan feesvieringe op Nasionale Braaidag en dit groei steeds. Jan Braai is die skrywer van ses topverkoperboeke oor die onderwerp van braai, en die boeke is in verskeie tale vertaal en internasionaal gepubliseer. Hy is die aanbieder van die hoogaangeskrewe televisieprogram Jan Braai vir Erfenis op DStv Kyknet en Showmax. Die program is tans in sy twaalfde seisoen. Hy is 'n aktiewe sportman en wanneer hy nie by 'n braaivuur is nie bring hy sy tyd om deur fiets te ry, te roei of te hardloop. Huisgenoot-tydskrif beskryf hom as "net die soort man wat jy by jou braai wil he".