In die duister wereld van spioene geld die gewone reels nie. Niel Barnard onthul wat hy in die 1980's as hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) gedoen het - soos hoogs geheime gesprekke wat hy met Nelson Mandela begin voer het, wat die eerste tree was na 'n demokratiese bewind.
Die boek werp ook lig op die alledaagse lewe van spioene en die suksesse van NI in die 1980's, soos die gesprekskanaal met die Russiese KGB en die vastrek van Britse spioene.
Sprache
Verlagsort
Maße
Höhe: 216 mm
Breite: 140 mm
Dicke: 18 mm
Gewicht
ISBN-13
978-0-624-07456-4 (9780624074564)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Niel Barnard was hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) en eerste minister PW Botha se regterhand gedurende die 1980's. In 1988 en 1989 het hy 'n reeks geheime gesprekke gehad met Nelson Mandela, wat toe nog in aanhouding was. Hierdie gesprekke het die fondasie gele vir Mandela se vrylating in 1990, die ANC se ontbanning en die politieke hervorming wat daarop sou volg.
In die vroee 1990's het Barnard as direkteur-generaal van die departement van konstitusionele ontwikkeling 'n sleutelrol gespeel in die onderhandelingsproses en die opstel van die Grondwet.