Bloedbroers
Na die Slagveld van Smokeshell en Terug
Deon Lamprecht(Autor*in)
Jonathan Ball Publishers SA
Erschienen am 21. August 2024
Buch
Softcover
256 Seiten
978-1-928248-16-3 (ISBN)
Beschreibung
Op 10 Junie 1980 gedurende 'n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep 'n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.
Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei.
In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met 'n 14,5 mm-masjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeels getref. Hy het wonderbaarlik oorleef.
Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en 'n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in 'n Ratel wat deur 'n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.
In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades na die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.

Weitere Details
Sprache
Andere
Verlagsort
Johannesburg
Südafrika
Maße
Höhe: 210 mm
Breite: 140 mm
Dicke: 15 mm
Gewicht
318 gr
ISBN-13
978-1-928248-16-3 (9781928248163)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Weitere Ausgaben
Andere Ausgaben

E-Book
11/2024
Jonathan Ball
9,99 €
Als Download verfügbar
Person
Deon Lamprecht is 'n bekroonde nuusjoernalis en gewilde skrywer. Twee Grensoorlog-boeke het reeds uit sy pen verskyn: Tannie Pompie se Oorlog (2015) en Die Brug (2020). In sy loopbaan by The Pretoria News, Beeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigter-redakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC. Hy is tans 'n herskrywer by Huisgenoot.