Is Dit Jy?
Avonture Voor en Agter die Skerms
Ian Roberts(Author)
Jonathan Ball Publishers SA
Published on 18. September 2024
Book
Paperback/Softback
240 pages
978-1-77619-356-1 (ISBN)
Description
As 'n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag 'n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van Arende of as Boet van die gewilde Castrol-advertensies.
Ian se loopbaan strek van Langstraat in Kaapstad tot Los Angeles en van Shakespeare-produksies in die teater tot die Oscar-wenner Tsotsi. In sy outobiografie verklap hierdie briljante storieverteller met 'n stoute sin vir humour meer oor wat alles agter die skerms op televisie- en rolprentstelle gebeur.
Hy beskryf ook die hoogbloei van Afrikaanse televisie- en rolprentvervaardiging toe hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk het. Sy lewensverhaal is 'n meesterklas in die kuns van toneelspel. So outentiek, vreesloos en onkonvensioneel soos wat talle van sy karakters was, so is Ian ook in die regte lewe. Hy trap sy eie paadjie en was nog nooit 'n tropbok nie. Hy deel sy lewensverhaal met soveel humor, patos en insig dat dit nie anders kan as om die leser te ontroer nie.

More details
Language
Other
Place of publication
Johannesburg
South Africa
Product notice
Paperback (UK-trade)
Dimensions
Height: 229 mm
Width: 152 mm
Thickness: 13 mm
Weight
354 gr
ISBN-13
978-1-77619-356-1 (9781776193561)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Classification
Other editions
Additional editions

E-Book
09/2024
Jonathan Ball
€14.99
Available for download
Person
Ian Roberts is 'n bekroonde akteur, toneelskrywer en musikant. Hy het in die 1980's groot bekendheid verwerf vir sy rolle in gewilde televisiereekse soos Verspeelde Lente, Arende en Inkom' Edla Yodwa, waarin Ian, wat ook Xhosa magtig is, teenoor Henry Cele gespeel het. Benewens sy rol in die Oscar-wenner Tsotsi, het hy ook rolle vertolk in talle internasionale rolprente wat in Suid-Afrika vervaardig is. Sy optrede as Boet in die gewilde Castrol-advertensieveldtog het van hom 'n huishoudelike naam gemaak. Hy is ook die sanger van die rockgroep Die Radio Kalahari Orkes.