Dis Net Vel, My Pel!
Powers Squared (Publisher)
Will be published approx. on 20. November 2025
Book
Paperback/Softback
56 pages
978-1-7335474-9-9 (ISBN)
Description
Jou velkleur maak jou nie vinnig, sterk, slim of gevaarlik nie. Ek wil sommer skree: "Dis net vel, my pel!"
'n Geillustreerde kinderboek oor die evolusie van velkleur, gebaseer op navorsing deur die antropoloog dr. Nina Jablonski en die historikus dr. Holly Y. McGee. Saam beskik hulle oor meer as 40 jaar se kennis wat spruit uit hul akademiese werk wat deur ewekniebeoordelaars nagegaan is.
Ontmoet vir Epi Dermis! Epi se ander naam is "Vel". Epi sal jou mooi vertel hoekom ons velle verskillende kleure het.
Epi sal die wetenskap van velkleur op 'n eenvoudige manier verduidelik. Epi is die orgaan in die liggaam wat die hardste werk! Laat Epi toe om aan jou te verduidelik hoekom sweet jou liggaam se geheime superkrag is! Saam met Epi sal ons die geskiedenis van velkleur ondersoek en uitvind waarom velkleur nie jou gedrag beinvloed nie.
In Afrikaans vertaal deur Izak de Vries, met 'n voorwoord deur Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmonument en -museum.

Reviews / Votes
"'n Uiters leersame publikasie met boeiende visuele elemente wat kan dien as 'n handige opvoedkundige hulpmiddel, gegewe die voortdurend veranderende globale, tegnologies gevorderde wereld waarin mense met verskille kulturele, tale en voorkoms op 'n daaglikse basis met mekaar in veelvoudige ruimtes kontak maak of ontmoet [...] sal die uitstekende inligtingshulpmiddel individue bemagtig deur met begrip en konteks in die situasie op te tree." - Michael Jonas, uit die voorwoordHierdie boek bied 'n lewensbelangrike verandering in ons uitkyk. Dit moet eintlik verpligte leesstof wees in elke skool en ouerhuis, want as ons ons toekoms wil verander, moet ons ons kinders verander, of van die begin af reg leer. Kom ons doen dit reg. En onthou, dit is net vel, my pel." - Stefaans Coetzee
"Drs. Jablonski en McGee skryf 'n wonderlike boek wat die krag van biologie kombineer met toeganklike diskoerse wat op geregtigheid fokus. Hierdie boek is insiggewend en vermaaklik, terwyl dit ook ruimte bied vir kinders om belangrike gesprekke oor ras te voer." -Dr. Lynnette Mawhinney, professor in stedelike onderwys, skrywer van Lulu the One and Only
"Hoekom is ons verskillende kleure? Grootmense is dikwels stomgeslaan wanneer kinders sulke vrae vra en hierdie boek verskaf die antwoorde op 'n prettige, boeiende manier. Met lieflike illustrasies en 'n gesonde dosis humor, ontketen Dis net vel, my pel! belangrike gesprekke oor identiteit, biologie en, bowenal, ons gedeelde menswees." - Uju Asika, skrywer van Bringing Up Race en A World for Me and You
"'n Vriendelike en toeganklike inleiding tot die evolusie van velkleur. Antropoloog Nina Jablonski en historikus Holly McGee maak gebruik van meer as 40 jaar se gesamentlike navorsingservaring om lesers te wys wat die vel is, wat dit doen en hoe mense allerhande verskillende velkleure ontwikkel het." - World Kid Lit
"Soms humoristies, soms ernstig: Hierdie boek kan help om rassisme onder peuters, tieners en almal tussenin te bekamp. Dit is pret en bevat belangrike feite oor die orgaan wat ons bedek, ook hoekom ons velle lyk soos hulle lyk." - Kathy Stinson, The Bare Naked Book
More details
Language
Other
Place of publication
United States
Publishing group
Catalyst Books
Target group
Children/juvenile
Interest Age: From 6 to 10 years
Product notice
Paperback (trade)
Dimensions
Height: 229 mm
Width: 216 mm
Thickness: 4 mm
Weight
142 gr
ISBN-13
978-1-7335474-9-9 (9781733547499)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Classification
Persons
Dr. Nina Jablonski is 'n antropoloog en paleobioloog wie se navorsing oor die evolusie van velkleur al in talle vaktydskrifte gepubliseer is, insluitend Journal of the American Medical Association (JAMA), Nature en American Psychologist. Sy is die skrywer van verskeie boeke, insluitend Living Color: The Biological and Social Meaning of Skin Color en Skin: A Natural History. Jablonski is ook 'n gewilde TED Talks-spreker en het al as gas op programme soos The Colbert Report en Bill Nye se Science Rules!-podsending verskyn. Sy het uitgebreide ervaring in die ontwikkeling van wetenskapleerplanne vir die onderwys. Van die heel jongste leerders tot skoolverlaters het al hierby gebaat.
Dr. Holly Y. McGee is 'n historikus aan die Universiteit van Cincinnati. Haar navorsing oor die verspreiding van rassisme in die moderne samelewing sluit vergelykende studies oor die Afro-Amerikaanse geskiedenis en raspolitiek in Suid-Afrika in. McGee is die skrywer van "One Day We Are Going Home": The Long Exile of Elizabeth Mafeking en is 'n stigter van die niewinsgewende National Black Teachers Association wat in die VSA gebaseer is.
Karen Vermeulen (illustreerder) is 'n kunstenaar, illustreerder en onderwyser wat in Kaapstad, Suid-Afrika woon. Haar werk is opbouend en altyd tong-in-die-kies. Wanneer sy nie besig is met een of ander kreatiewe projek nie, speel sy waarskynlik met haar kat, Sir Henry. Izak de Vries (vertaler) is 'n uitgewerskonsultant wat ten nouste betrokke was by talle handboeke wat vandag in Suid-Afrikaanse skole gebruik word.