Rassie
Stories oor rugby en die lewe
Rassie Erasmus(Author)
David O'Sullivan(Co-Author)
Pan Macmillan (Publisher)
Published on 1. August 2023
Book
Paperback/Softback
339 pages
978-1-77010-872-1 (ISBN)
Unfortunately, price unknown
Available (delivery time upon request)
Not available
Description
Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy hele lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou, op sy kenmerkend openhartige manier, gesels Rassie oor sy lewe vol hoogtepunte en laagtepunte.
Hy onthul hoe ontwrigtend dit was om saam met 'n alkoholis-pa groot te word en gesels oor sy kinderjare op die konserwatiewe dorpie Despatch. Hy kyk terug op 'n uitblinkerloopbaan as speler wie se ingebore rugbyinstink, vermoe om 'n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het. Terwyl sy spanmaats ontspan het, het hy verkies om na ure se videomateriaal te kyk om wenstrategiee uit te werk. Toe hy die geleentheid gebied is om as Springbokkaptein vir sy land uit te draf, het hy die eer van die hand gewys.
Rassie dink terug aan die tye toe hy 'n belangrike onderdeel van die ratwerk in Nick Mallett se rekordverpletterende Springbokspan van die laat 1990's was. Hy herroep die pyn van die 1999-Wereldbeker en die besering wat 'n einde aan sy loopbaan as speler beteken het.
Hy bespreek sy revolusionere afrigtingstegnieke, wat aanvanklik afgelag en toe met ope arms aangegryp is, hoe hy die rugbystrukture by die Stormers die stryd aangese het en die respek van die Ierse aanhangers by Munster verdien het.
Rassie gesels oor sy grootste bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby, die aanstelling van die eerste swart kaptein, Siya Kolisi, sonder 'n groot ophef of omstredenheid, en hoe die onmiddellike sukses van sy onverskrokke planne vir die effektiewe rassetransformasie van die nasionale span gelei het tot die Rugbywereldbeker-triomf in 2019.
Lesers sal hulle verkneukel aan die agter-die-skerms-inligting oor interaksies, omstredenheid en voorheen onvertelde verhale uit 'n waarlik grensverskuiwende lewe.

More details
Language
Other
Place of publication
Illovo
South Africa
Publishing group
Pan Macmillan South Africa
Dimensions
Height: 234 mm
Width: 156 mm
ISBN-13
978-1-77010-872-1 (9781770108721)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Classification
Other editions
Additional editions

E-Book
08/2023
Pan Macmillan
€12.49
Available for download
Persons
DAVID O'SULLIVAN is 'n skrywer en bekroonde omroeper. Hy het 'n weeklikse rugbyprogram en regstreekse rugbyuitsendings op SABC-TV behartig, en ook vir Capitol Radio, 702, Hot 91.9, Power FM en Kaya FM oor nuus en sport verslag gedoen.