
Parool / Parole
Versamelde Toesprake/Collected Speeches
Breyten Breytenbach(Author)
Zebra Press
Published on 1. October 2015
Book
Hardback
224 pages
978-1-77022-917-4 (ISBN)
Description
Breyten Breytenbach word plaaslik en wereldwyd geag as 'n invloedryke skrywer en kritiese denker. Parool/Parole is 'n keur van sy grootste en aangrypendste toesprake wat, deur die belangrike onderwerpe, steeds literere, politieke en filosofiese vure aansteek. Elke redevoering - wat tussen 1968 en 2015 in Afrikaans en Engels by verskeie geleenthede reg oor die wereld gelewer is - skakel historiese momente in die ontwikkeling van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde met sleuteloomblikke in Breytenbach se loopbaan en lewe. So staan sy toespraak by die Sestiger-somerskool in 1973 uit as 'n waterskeidingsmoment vir Afrikaanse skrywers se benadering tot sosiale betrokkenheid in hul werk. In sy Rapportprys-aanvaardingstoespraak, in 1986, konfronteer Breytenbach Afrikaners kaalvuis oor hul instandhouding van 'n apartheid-polisiestaat. Die aandoenlike wyse waarop hy sy grensverskuiwende standpunte stel sal nog lank deur toekomstige generasies onthou word. En wie sal Breytenbach se pleidooi in die Paleis van Justisie in 1975, waar hy hom wend tot die regter wat hom uiteindelik tronk toe sou stuur op aanklag van terrorisme, kan lees sonder om ontroer te word?
Die onlangse huldeblyk by Andre P. Brink se gedenkdiens in Kaapstad bevestig weer eens die skrywer se passievolle verbintenis tot sy ambag, en hoe 'n sin vir moraliteit sy kreatiewe uitset omraam. Die toesprake in Parool / Parole, waarvan heelparty nog nie voorheen gepubliseer is nie, verskaf waardevolle insigte in die denkwereld van 'n literere ikoon.
Die onlangse huldeblyk by Andre P. Brink se gedenkdiens in Kaapstad bevestig weer eens die skrywer se passievolle verbintenis tot sy ambag, en hoe 'n sin vir moraliteit sy kreatiewe uitset omraam. Die toesprake in Parool / Parole, waarvan heelparty nog nie voorheen gepubliseer is nie, verskaf waardevolle insigte in die denkwereld van 'n literere ikoon.
More details
Language
Other
Place of publication
South Africa
Publishing group
Penguin Random House South Africa
ISBN-13
978-1-77022-917-4 (9781770229174)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Classification
Other editions
Additional editions

E-Book
10/2015
1st Edition
Penguin Books (South Africa)
€14.49
Available for download

E-Book
10/2015
1st Edition
Penguin Books (South Africa)
€14.49
Available for download
Person
Breyten Breytenbach is 'n gevierde skrywer en skilder. As 'n sestiger het hy 'n enorme bydrae gelewer om horisonne in die Afrikaanse literere landskap te verskuif. In 1975 is hy ingevolge die Wet teen terrorisme nege jaar gevangenisstraf opgele, twee waarvan hy in afsondering in Pretoria se maksimum veiligheidsgevangenis deurbring. Na sewe en 'n half jaar is hy vrygelaat, waarna hy 'n Franse burger geword het. In 1992 word hy die mede-stigter van die Goree institute, 'n pan-Afrika instansie vir die bevordering van demokrasie, ontwikkeling en kultuur in Afrika, gesetel op Goree-eiland in Senegal. Sy boeke sluit in Die ysterkoei moet sweet, 'n Seisoen in die paradys, The true confessions of an Albino terrorist en A veil of footsteps, en is bekroon in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland, Italie en Palestina. Breytenbach het klas gegee in skryfkunde aan verskeie universiteite, onder andere as distinguished global professor by New York Universiteit. Hy ontvang drie eredoktorsgrade (van Wes-Kaap Universiteit, Kwazulu-Natal, en Ghent) en is 'n Commandeur des arts et lettres en 'n Chevalier de la Legion d'Honneur. Hy is getroud met Yolande Ngo Thi Hoang Lien.