
Die Wonderwerker
Chris Barnard(Author)
Penguin Books (South Africa) (Publisher)
Published on 31. August 2012
Book
Paperback/Softback
187 pages
978-0-14-353055-8 (ISBN)
Unfortunately, price unknown
Article exhausted; check different version
Description
Toe Eugene Marais deurtrek van malaria en morfien by 'n vreemde plaashuis in die Waterberg ingeneem word, verander daardie huishouding heeltemal. Twee vroue ding mee om sy aandag - Maria, die huisvrou, en Jane, 'n jong meisie onder die gesin se sorg. En op hulle beurt is daar twee jaloerse mans - Gys, die eggenoot, en hul seun, Adderjan. Oor die maande waarin Marais onder die sorg van die twee vroue herstel, verrig hy wat vir die plaasmense en hul bure na wonderwerke lyk. Hy versamel en ondersoek byna alles, maak diere mak en bring hulle in sy kamer in, genees besoekers. Hy "mesmeraais" mense en hou hom besig met dinge wat soos toordery lyk. Algaande bring sy teenwoordigheid in almal die verlange na iets onbereikbaars na vore, maar dis Marais se verlange na die jongmeisie, en hare na hom en na 'n ander lewe, wat al die verswee konflikte op die spits dryf.
More details
Language
Other
Place of publication
Parklands
South Africa
Publishing group
Penguin Random House South Africa
Dimensions
Height: 198 mm
Width: 129 mm
Thickness: 15 mm
Weight
185 gr
ISBN-13
978-0-14-353055-8 (9780143530558)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Classification
Other editions
Additional editions

Chris Barnard
Die Wonderwerker
E-Book
09/2012
Penguin Books (South Africa)
€11.49
Available for download
Person
Chris Barnard is een van die mees bekroonde skrywers in Afrikaans, met tientalle boeke tot sy krediet, in 'n wye verskeidenheid genres. Sy draaiboek oor 'n werklike periode in Eugene Marais se lewe is die teks vir 'n gelyknamige speelfifilm deur die regisseur Katinka Heyns, Barnard se vrou. Dit is die jongste van talle produksies vir film en televisie deur hierdie eelbekroonde skeppers.