Die merkwaardige lewensverhaal van die Suid-Afrikaanse magnaat en weldoener dr. Anton Rupert word hier volledig en sonder doekies omdraai vertel._x000D_
_x000D_
Dit is die verhaal van 'n seun uit die Karoo wat in die Depressie grootgeword het. Hy het nie soos Harry Oppenheimer, 'n ander Suid-Afrikaanse miljoenêr, ryk geërf of sy miljoene uit mynbou gemaak nie. Sy Rembrandt Groep was vervaardigers wat wêreldbekend geword het met handelsmerke soos Cartier, Dunhill, Rothmans en Montblanc. Binne dekades is 'n familiedinastie opgebou wat die Ruperts, naas die Oppenheimers, die rykste familie in Afrika gemaak het._x000D_
_x000D_
Maar Rupert was gedryf deur veel meer as die vergaar van rykdom. Lewenslank het hy geglo in deelgenootskap en saambestaan en dit uitgeleef; gevolglik het hy telkens met die politieke leiers van die dag gebots. Hy het ook die kunste, kultuur- en natuurbewaring bevorder en het begin met oorgrensparke, 'n internasionale vernuwing wat nuus gemaak het._x000D_
_x000D_
'n Besielende boek wat put uit omvangryke navorsing en vele gesprekke met Rupert, sy familie en mense wêreldwyd wat hom geken het.
Auflage
Sprache
Verlagsort
ISBN-13
978-0-624-06383-4 (9780624063834)
Copyright in bibliographic data and cover images is held by Nielsen Book Services Limited or by the publishers or by their respective licensors: all rights reserved.
Schweitzer Klassifikation
Ebbe Dommisse is op 14 Julie 1940 op Riversdal gebore. Hy behaal 'n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch en ook 'n MA-graad in joernalistiek aan die Columbia Universiteit in New York. Hy begin in 1961 sy loopbaan as joernalis by Die Burger, waar hy in 1990 redakteur word tot met sy aftrede in 2000.
Ebbe is die medeskrywer (met Alf Ries) van topverkopers Broedertwis (1982) en Leierstryd (1990) - en ook hierdie boek met Willie Esterhuyse, Anton Rupert - 'n lewensverhaal.